AHi Clanwilliam Sakekamer wil entrepreneurs beloon!

AHi News - Entrepreneurship

Clanwilliam Sakekamer wil graag entrepreneurs inspireer om die prestasies van diegene wat die pad voor hulle geloop het, te oorskry. Die wenners sal voordeel trek uit blootstelling aan plaaslike en sosiale media.

Dié toekennings word tydens Clanwilliam Sakekamer jaarafsluiting aangekondig op 26 November 2020.

Kriteria vir entrepreneurs:

  • Die entrepreneur moet in besit wees van ’n Suid-Afrikaanse ID of geldige werkspermit.
  • Die entrepreneur moet handel dryf in Clanwilliam of -distrik.
  • Die sleutelwoorde vir die kompetisie is opkomende & skeppende.
  • Die genomineerde hoef NIE ‘n geaffilieerde lid van die Sakekamer te wees nie.

Persoonlike kwalifikasies

  • Passie vir sy / haar werk
  • Toewyding tot persoonlike groei
  • Hoë standaard van etiese gedrag
  • Positiewe houding
  • Toewyding
  • Bemarkingsvermoëns

Leierskapsvaardighede

  • Vaardighede en effektiewe bestuurstyl
  • Toewyding tot die verbetering van besigheid en personeel
  • Mensebestuur en -ontwikkeling (waar van toepassing)

Groei

  • Rekord van stabiliteit
  • Groei van indiensneming (waar van toepassing)
  • Groei in verkope

Impak op die gemeenskap

  • Bydrae tot die privaatondernemingstelsel op maniere wat ‘n inspirasie vir ander is
  • Gebruik van sy / haar sakevaardighede en kreatiwiteit om die besigheid te laat groei
  • Besigheid met integriteit bestuur

Motivering

  • Het die onderneming gevorder en ontwikkel in enige aspek soos verkoopswaarde, winsvlakke ens.
  • Penetrasie in die mark – sukses met produk / diens
  • Werkskepping – toekomsvisie
  • Besonderse prestasies – persoonlik en maatskappy – binne hul spesifieke mark Belangrik – let wel:
  • Die besigheid moet ten minste 12 maande oud wees.  Geen ouderdomsbeperking op die eienaar.
  • Die entrepreneur moet handel dryf in Clanwilliam of -distrik (50km radius).
  • Inskrywings vir die kompetisie sluit op 6 November 2020.
  • Inskrywings moet per e-pos aan Sanet Stander gestuur word by bookings@clanwilliam.info of afgegee word by Clanwilliam Toerisme.
  • Die finaliste moet bereid wees om sekere finansiële syfers beskikbaar te stel, wat hoogs vertroulik hanteer sal word.
  • Die finaliste moet beskikbaar wees vir ‘n persoonlike onderhoud met die beoordelaars.
  • Die finaliste moet beskikbaar wees om die jaarafsluiting by te woon.  Wenners en finaliste moet bereid wees om afgeneem te word en hierdie foto’s kan deur die Clanwilliam Sakekamer gebruik word vir toekomstige kompetisies en/of Bemarking.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Wanneer jy inskryf, stem jy in om by ons reëls te hou.

Kontant prysgelde moontlik gemaak deur RSMA Clanwilliam:

  • Eerste plek: R2000
  • Tweede plek: R1000

Om die aansoekvorm af te laai, klik hier.